Aanlyntoetse is presies gelykstaande aan individuele toetsing of groeptoetsing maar word tuis gedoen. Die proses behels dat die kliënt (of kind) ons Biografiese vraelys voltooi waarna die akademiese toetse tydens ‘n Zoom-sessie met die sielkundige afgeneem en/of verduidelik word.
Aanlyntoetse is veral gerieflik omdat dit dadelik kan plaasvind en kliënte nie lank hoef te wag vir afsprake of resultate nie.
Aanlyntoetse was voorheen veral gewild vir persone wat nie toegang gehad het tot hierdie dienste in hul omgewing nie. Deesdae is aanlyntoetsing egter die norm vir meeste kliënte.
Aanlyntoetsing word nie aanbeveel vir persone met ‘n geskiedenis van ernstige leerprobleme nie.